FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    winter

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    winter Empty winter

    Post by Torm Tue 20 Dec 2011, 12:22 pm

    dit is die beperktheid
    van die lig
    wat aan die winter my die ergste vang
    ek kyk deur die glasvenster
    van die antiseptic hospitaal
    ek eggo die druppel oor jou stille wang

    wie wil dit tog buite waag
    waar die wind nou opgesteek het
    dit waai die bietjie sonlig
    skoon deur die Hitchcock takke (kaalgestroop)
    tot anderkant die maan
    daar waar ysdruppels kortstondig klingel
    voor dit in die klanklose ruimte spat en verdwyn
    mag dit so wees met jou pyn

    kontak-sekondes in ʼn waaksaal help nie
    maar bo gryse teëls en deur steriele glas
    groei daar nou ʼn telepatie
    ons dink in tandem finale gedagtes
    ʼn bietjie prakties maar meesal nostalgies
    ek roep die suster vir ʼn lappie met water
    vir daardie woestynlippe
    maar ek weet dit help nie
    nie meer nie

    maar die pers in die papier
    van ʼn hospitaal masjien sjokolade
    laat my dit weer sien en ek weet
    jy sien dit ook:
    die persste Gesiggies wat onlogies
    met die eerste bietjie smelt van die ys
    deurdring, gesiggies na die lig
    in ʼn baie ou tuin
    iewers langs ons baie ou spore
    in Vollendam of was dit dalk Windermeer
    - die feite is besig om te vervaag -
    aan die einde van die winter


    © Torm 2011

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 4:41 pm