FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 29 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 29 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 29 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 20 Dec 2011, 11:56 am

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ek wil nog baie sakke sout
    opeet saam met jou
    want sout pas so njammies
    by ons loin-choppie-liefde
    wat so lekker bak
    wat so lekker braai .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    vanaand hier by ons vreugdesvuur
    onder miljoene sterre oor die melkweg heen gesaai
    wanneer ek en jy inmekaar-smelt
    so lank en diep en dankbaar in mekaar se oë tuur

    die hele heelal net om jou en my wentelbaan
    en die groot warm glimlag van Orion se belt
    vul die knipoog van ons boogmaan aan

    besef ek en jy net weereens dat die natuur
    vir ons twee wys en fluister hoe geseënd ons is
    en op ñ beautiful way vir jou en my probeer sê

    dat jy en ek gerus maar na ons siele kan luister .


    ( 29/07/2011 21h56 )

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 4:38 pm