Vieruur in die môre

    Share
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 19

    Vieruur in die môre

    Post by AmmieMoon on Tue 20 Dec 2011, 10:03 am



    kniediep in die troebelstroom van alledaagse sleur
    met 'n nag wat meedoënloos na sy eindpunt beur,
    die maan wat swyg oor 'n donker kontinent vol hondsdol drome,
    sterre se eenoog loer na verganklikheid :

    in hierdie holte streel jou hand teen die soomlyn
    van my rug, kan ek uitasem in die wete -
    jy ken my nag.

    © 2011 Almarie Truter


    _________________
    Ammie Moon
    avatar
    Torm

    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 60

    Re: Vieruur in die môre

    Post by Torm on Tue 20 Dec 2011, 12:08 pm

    Ewige romantikus. Baie mooi om die hondsdol drome raak te sien en nog steeds, desondanks, die mooi uit te haal.
    avatar
    Gerrit Hermens

    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 28

    Re: Vieruur in die môre

    Post by Gerrit Hermens on Wed 21 Dec 2011, 12:24 am

    Pragtig!
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 19

    Re: Vieruur in die môre

    Post by AmmieMoon on Fri 06 Jan 2012, 11:56 am

    Torm en Gerrit...groot dankie vir julle lees en inset, ek waardeer ! Like a Star @ heaven


    _________________
    Ammie Moon
    avatar
    Claira Summers

    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 43

    Re: Vieruur in die môre

    Post by Claira Summers on Fri 06 Jan 2012, 1:40 pm

    Hi Ammie. n Pragtige versie jong. Dit bring die REGTE lewe en gevoel van elke dag so mooi na vore, en daardie spesiale persoon wat n mens so bietjie kan herinner aan die goeie, en die mooi. Mag 2012 vir jou net voorspoed en vreug inhou en sommer bladsye vol kreatiwe skryfwerk. Very Happy
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 19

    Re: Vieruur in die môre

    Post by AmmieMoon on Sat 07 Jan 2012, 1:31 pm

    Claira< ek het 2012 aangeroep as 'n jubeljaar vit ieder en elk van ons FreeStylers ! mag seeninge jou en jou gesin oorvloed hierdie jaar ......Dankie ook vir hierdie pragtige inset, ek waardeer dit opreg ! Like a Star @ heaven


    _________________
    Ammie Moon
    avatar
    Net ek...

    Location | Ligging : Krugersdorp, Gauteng
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 49
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-16
    Age | Ouderdom : 38

    Re: Vieruur in die môre

    Post by Net ek... on Sat 07 Jan 2012, 2:34 pm

    'n Paar woorde wat met soveel intensheid met my hart praat. Was nog altyd dol oor gedigte wat iets vir my in my lewe beteken. Dankie daarvoor!!
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 19

    Re: Vieruur in die môre

    Post by AmmieMoon on Sun 15 Jan 2012, 1:16 pm

    Ek is bly as daar iets in hierdie paar skamele woorde was waarmee jy kon assosieer ! Dankie dat jy kom lees het, ek waardeer dit opreg ! Like a Star @ heaven


    _________________
    Ammie Moon

    Sponsored content

    Re: Vieruur in die môre

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 24 Nov 2017, 12:46 pm