visioen

    Share
    avatar
    Torm

    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 60

    visioen

    Post by Torm on Tue 20 Dec 2011, 4:30 am


    digte mis, laag op die grond
    daarin dryf beelde rond
    maar tog word dit duidelik
    die toekoms is verraai
    vir enkele sikkels silwer,
    ʼn wavrag vol woorde en ʼn onsie goud -
    die waarheid word al oud
    soos melk wat muf, kry dit kleur
    dit ruik al soos eergister
    want alles kom weer
    die geskiedenis herhaal homself
    soos ʼn komeet aan die gewelf:
    verseker kom verval
    verseker kom verraad
    verseker gryp die wat kan
    al hoe meer, ten koste van ander
    verseker sal min verander
    terwyl vooruitgang oppervlakkig
    skitter, maar net tot op die vel
    en dit weet ek wel:
    die mens se hart bly dieselfde
    politiek bly maar ʼn spel
    van self-bevoordeling
    die aarde spoed voort
    saam met die melkweg
    soort soek steeds soort
    en selfs al tuimel die heelal
    weg van een energiepunt
    bly die wêreld net helder
    deur die oë van ʼn kind
    en brand die waarheid dof
    soos ʼn lig ver in ʼn kelder
    en ligjare ver buite
    ons kennis van die toekoms
    het die einde
    reeds
    gebeur


    © Torm 2011

    *********************************
    Hulle sê: Die enigste rede hoekom ons nie lankal kon sien hoe die voorste sterre aan hierdie heelal se rand, uitbrand, en uit hul dolle vlug vanaf die middelpunt tot stilstand geruk word deur Die Einde nie, is dat lig net 299,792,458 meter per sekonde kan vorder.
    The end of the universe has already begun far away. The only reason we haven’t seen it long ago, is that light can only travel 299,792,458 metres per second. Or, the end of the universe will travel the final 300 million metres towards us in one second. The statement that we won’t see it coming is not a prediction, it is a scientific fact.
    avatar
    Louisa van Vliet

    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 57

    Re: visioen

    Post by Louisa van Vliet on Tue 20 Dec 2011, 5:15 am

    Baie uitsonderlike gedig, maar met baie waarde daaraan geheg. Pragtig gedoen.
    avatar
    Torm

    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 60

    Re: visioen

    Post by Torm on Tue 20 Dec 2011, 12:02 pm

    'n Kommentaar! Louisa, ek is jou ewig dankbaar.

    Sponsored content

    Re: visioen

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 20 Sep 2017, 10:59 am