Melkbos
aan Melkbosstrand se sand
lek skuimtong branders lui
vergruisde skulp en mosseldop
kronkelbraak vir voetvleis sny
Lok stom verwondering momenteel
ruïneer fondasies van 'n sandkasteel
voetspoordrome bakhand opgeslurp
om veilig te bewaar in die diepste blou
want elke seegolf is uniek
om eenmaal uit te spoel
en geheimenis te deel
dan weer terug te trek
om geheimenis te steel
Elmi ©
aan Melkbosstrand se sand
lek skuimtong branders lui
vergruisde skulp en mosseldop
kronkelbraak vir voetvleis sny
Lok stom verwondering momenteel
ruïneer fondasies van 'n sandkasteel
voetspoordrome bakhand opgeslurp
om veilig te bewaar in die diepste blou
want elke seegolf is uniek
om eenmaal uit te spoel
en geheimenis te deel
dan weer terug te trek
om geheimenis te steel
Elmi ©
- Attachments
- IMG00027-20111204-1942.jpg
- You don't have permission to download attachments.
- (247 Kb) Downloaded 1 times
Last edited by Admin on Tue 24 Jan 2012, 5:40 am; edited 8 times in total (Reason for editing : photo)