FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die Groot Letter K. *(Kanker)

    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Die Groot Letter K. *(Kanker) Empty Die Groot Letter K. *(Kanker)

    Post by Louisa van Vliet Mon 19 Dec 2011, 7:07 pm

    Die Groot Letter K. (kanker)
    Soveel keer, ja soveel keer besigtig in die spieel,
    Alom die ander dag, verskyn die groot gevaar
    Sonder emosies word dit in oenskyn geneem
    Maar diep binne in jou, wil jyself dit nie gewaar
    Dan kom die noodsein, maak ‘n plan
    Maar jy bly skop daarteen, want tog aanvaar
    Dat die groot K jou tog nooit sal pla
    Stadig beweeg jou gedagtes, dit kan mos nie
    Skielik tref die alarm jou brein, en besef dit kan
    Holderste bolder jaag jy na die seine
    Wat skielik die prikkels in jou brein wakker maak
    ‘n oproep verder en jy weet dit was die regte oomblik
    Wit mure vertel vinnig vir jou dit is nou jy of die K
    Verwyder skree jou binneste vir jou
    Want met jou wil ek tog nie meer nie
    Glimlaggend kom die besef dit is verby,
    Gevaar nie meer daar nie, die groot K is uit
    Met ontnugtering skrik jy verder wakker
    Met verdere gewaarwording van vele ander
    moet jy deur die volgende fase aan jakker
    Behandeling hier, behandeling daar,
    Jou persoon nie meer wie jy werklik is nie
    Die kaal kolle verskyn al meer en meer
    Totdat eendag geen haar meer op die hoof
    Snikkend en met verbystering aanstaar jy jouself
    gaan jy deur die dae en nagte van verwarring,
    hoekom moet ek die dood in die oe staar,
    en skielik gewaar ek dat die groot Geneser my aanvaar,
    Verrassend kom die antwoorde voor my neergele
    En met verontwaardiging word ek verlos van die edele K.
    Hoe wonderbaarlik die genesing van die Groot Hand
    En die edele K, ver verwyder van ‘n Geloofwaardige.
    Die groot K onsigbaar weer, en die verhaal bly getuig.

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 3:56 pm