FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Veg vir jou.

    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Veg vir jou. Empty Veg vir jou.

    Post by Louisa van Vliet Sat 21 Jan 2012, 2:02 am

    Dis laat skemeraand tuis, en ek weet nie wat wag
    gemaak is jy vir die nag
    saggies ritsel die wind
    om die hoekies van ‘n huis
    want verby is die sonnige dag

    En iewers tussen boom en weg
    het jy verdoesel geraak in ‘n mag
    omdat jy in die hool van gange veg
    die pad oop na die vroue vangs

    Skerp slaan sy haar kloue in jou
    dat jou wesens vergryp raak aan haar.
    maar hier binne in my
    weet ek sal ek aanhou om jou
    te bemin, want eendag dalk
    sal jy jou fout erken

    Ek sal veg vir jou, want ek weet
    jou hart is hier by my.
    net sy wat met jou kop smokkel
    met al haar slinksheid om mans te vang

    Jou fout sal jy gou agterkom
    want hier binne in my,
    weet ek se jou hart, jy is verkeerd
    jy weet jy moet terugkom
    om te kom vergeet dat jy haar
    eens geleer ken het.

    Hier by my sal ek aanhou veg
    want ons is vir mekaar bedoel’
    dis hier in my arms
    waar jy die veiligste gaan voel

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Veg vir jou. Empty Re: Veg vir jou.

    Post by Claira Summers Sat 21 Jan 2012, 5:40 am

    Baie diep vers.

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 8:10 pm