Oomblik vir altyd ( 27 ) : Nuwe horisonne

    Share
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    Oomblik vir altyd ( 27 ) : Nuwe horisonne

    Post by Rudi Coetzer on Mon 19 Dec 2011, 12:55 pm

    Die grootoog-maan
    kyk en sien
    alles .

    Jou buitenste-bravade
    jou binneste-breek
    jou dogtertjie-drome
    jou vroue-hoop
    jou kussing-trane
    jou lewens-verloop .

    Die grootoog-maan
    kyk en sien
    alles
    en glimlag geelgoud
    oopmond vir jou .

    Môre se oggenddou
    sal jou gisters
    se seer skoonwas
    en jou oë
    stil laat oopgaan
    sodat jy skitter
    en nuwe horisonne
    sal kan sien .


    ( 21/11/2010 22h50 )

      Current date/time is Tue 26 Sep 2017, 8:46 am