My onvoltooide nocturne vir jou!

    Share
    avatar
    Joan Lotz

    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 80

    My onvoltooide nocturne vir jou!

    Post by Joan Lotz on Sun 18 Dec 2011, 12:39 am

    Hoe graag wil ek dié droewige naglied deel
    besondere betekenisvolle musiekstuk speel
    weemoed op swart en wit klawers uitstreel
    sagkens...’n verflenterde hart probeer heel

    stelselmatig vloeiend, klanke verlore, kras
    hoofsaalik net note, tranetrek-vers nie gepas
    bo-op klavier flikker jasmyngegeurde kers
    verdoesel, verwerp pyn met ferme gekners

    tydelik verdwaasd, tempo neem toe, forzando
    rolmaal gedagtes, weerlig blitsende crescendo
    toonladder geen vaste reel, hartseer onbedaar
    trane verhinder, my nocturne duidelik onklaar.
    2011/12/17 Joan Lotz.

      Current date/time is Sun 23 Jul 2017, 11:47 pm