FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Vriende

    avatar
    Timeclip Traveler


    Location | Ligging : Paarl
    Posts | Bydraes : 6
    Points | Punte : 12
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-13
    Age | Ouderdom : 67

    Vriende Empty Vriende

    Post by Timeclip Traveler Wed 14 Dec 2011, 1:28 am

    vannag is die slaap net weg
    nie oor skuld of kommer
    maar gedagtes wat vêr loop
    ek sou graag in jou arms wil lê
    en hoor hoe jy ritmies asem
    nes Saldanha klein branders
    wat rustig breek
    dan bruis
    glimmend in volmaanlig
    op ’n smal wit strand

    maar vannag is daar name
    van vriende wat klingel
    meer werd as munte van goud
    as hul bons in kollektebordjie
    uit geheuebrokke van vêr
    sou ek hul graag een vir een
    in maanlig stal
    van waar
    in wit lig se suiwer
    ek glinster kan sien

    vannag as die slaap weg is
    weet ek van ’n rykdom
    te groot vir my om te meet
    waar syfertel nie waarde kan gee
    maar waar drome groter kan loop
    kuier net weer lekker is
    of net kak praat
    of net
    sit en saam peins oor nou
    met vertrou by jou
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Vriende Empty Re: Vriende

    Post by SWERWER Thu 15 Dec 2011, 7:40 pm

    Dagse TT,

    Rondrol wakker le en top issi lekker nie veral as n mens verlang!

    waar drome groter kan loop
    kuier net weer lekker is
    of net kak praat
    of net
    sit en saam peins oor nou
    met vertrou by jou


    Ek hoop jy kom gou uit by daardie kuier!

    SWERWER
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Vriende Empty Re: Vriende

    Post by Enid Fri 16 Dec 2011, 4:37 pm

    stem Swerwer, maar die kuier gedeelte bly darem die lekkerste,gedagtes goed uiteengesit

    Sponsored content


    Vriende Empty Re: Vriende

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 1:01 pm