FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

5 posters

    Ek is

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Ek is Empty Ek is

    Post by BennyB Tue 13 Dec 2011, 4:45 am


    vanaand wil ek jou teen 'n kruis vasspyker
    vanaand wil ek jou bloed sien loop
    jou trane sien verander in suur
    jou gesig skend
    jou swart hart sien wegwaai
    soos as in die wind

    vanaand wil ek jou klaagliedere nie hoor
    wil ek nie meer luister
    nie meer omgee
    want ek is moeg

    vanaand is anders as gister
    my oor het doof geword
    my hart soos steen
    my liefde haat
    want jy is die hoer
    van my laatnag dooie sweet

    ek doof die kers
    waar ek nou hier in die donker
    na niks en nêrens staar
    my hand bewe minder
    want ek het laat gaan
    jou hart laat los
    wat eens net myne was

    ek het laat los
    nou,
    hier in die donker
    waar dood betekenis aanneem
    en vrede my wegneem na ou spore
    wat sirkel om 'n kruis
    en die bedding van 'n leë graf

    ek is stil
    ek is rustig
    ek is een…

    BennyB
    ©12/12/2011 Barend Booysen
    Julia Hill
    Julia Hill


    Location | Ligging : All Around The World
    Posts | Bydraes : 151
    Points | Punte : 259
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 53

    Ek is Empty Re: Ek is

    Post by Julia Hill Tue 13 Dec 2011, 5:05 am

    Sprakeloos! Fantasties Benny .... donker, vol emosie, laat my stil in my skoene staan xxx U R the ... bom
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Ek is Empty Re: Ek is

    Post by Camsica Wed 14 Dec 2011, 12:48 am

    Blousement! Benny, hierdie is 'n gedig uit een stuk! Puik geskryf!
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Ek is Empty Re: Ek is

    Post by BennyB Wed 14 Dec 2011, 3:08 am

    Thanks Guys, julle terugvoer beteken baie!
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Ek is Empty Re: Ek is

    Post by Torm Wed 14 Dec 2011, 1:52 pm

    Bietjie donker. Ek hou van donker.
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Ek is Empty Re: Ek is

    Post by SWERWER Wed 14 Dec 2011, 3:17 pm

    Benny,

    Almal van ons, altans ek dink so, skryf uit ons eie ervaring en emosies. Hierdie vers is besonders hard en koud en praat vir my van een ongelooflike teleurstelling. Wat vir my interesant is dat ek hierdie vers sou wou skryf aan iemand wat my in n verhouding diep teleurstel. Die Here weet ek was daar en die vers pas met elke sin, komma en punt. Sterk werk, iets wat baie mee kan identifiseer.

    Die stofes is ook mooi uitgele in dat daar beskulfiging is, wraakgedagtes wat uitgespreek word, afskeid wat geneem word en dan die ontknoping ek is rustig, ek is rustig, ek is stil. Dit laat my met n punt wat ek van die vers kan wegstap bly dat jy by die punt uitgekom het. Ek voel sommer goed vir die skrywer........ en minagtig vir die ander persoon!

    Uitstekende werk!


    SWERWER
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Ek is Empty Re: Ek is

    Post by BennyB Wed 14 Dec 2011, 9:01 pm

    Baie dankie Torm. Ja Johan, ek dink almal van ons was al daar. Baie dankie vir jou kommentaar!

    Sponsored content


    Ek is Empty Re: Ek is

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 6:31 pm