FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Straatkind

    Melanie van As
    Melanie van As


    Location | Ligging : Kroonstad, Vrystaat
    Posts | Bydraes : 34
    Points | Punte : 76
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 38

    Straatkind Empty Straatkind

    Post by Melanie van As Tue 13 Dec 2011, 7:17 pm

    Na vandag het die ligte
    van Johannesburg nog gebrand.
    Rook walms van my kaggelvuur
    het soos mis die hemelruim verdof.

    Kaalvoet-winter- kinders
    met deurgeloopde sole proe die nag se dou.
    Hul hande sal vra vir genade.
    Koerante van 1994 of 2010
    ou bokse wyn met goue labels
    is die droom waarvoor môre dalk mag vra.
    As die aand sy braaksel van dood
    vierkantig in die oë staar-
    huil 'n kind klein sonder hoop
    vir liefde, respek en 'n nag-rus
    ver bo koue donker angs en honger.

    Hier slaap ek weer in my bed,
    wonder en bid vir die kind sonder 'n naam
    wat gister net 'n 5c wou vra
    brood is cheap
    maar glo is duur.

    Ek sal môre vir jou skoene stuur.
    Maat wat is jou naam?
    Dan doop ek jou die immer van my lewe,
    bid jou die bloeisels van 'n lente jou toe
    tot ons weer eendag ontmoet.
    Gerrit Hermens
    Gerrit Hermens


    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 35

    Straatkind Empty Re: Straatkind

    Post by Gerrit Hermens Wed 14 Dec 2011, 12:30 am

    Sad Wow! Baie mooi hoe jy die hartseer stel...
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Straatkind Empty Re: Straatkind

    Post by Torm Wed 14 Dec 2011, 1:42 pm

    Treffend.

    Sponsored content


    Straatkind Empty Re: Straatkind

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 3:57 pm