FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Goud, parfuum en sindoor

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Goud, parfuum en sindoor Empty Goud, parfuum en sindoor

    Post by Torm Tue 13 Dec 2011, 9:03 pm


    Die waarheid is ʼn goue
    kopspeld
    gebuig, gekrap, weggesteek
    in ʼn mied van vuur-gereed
    strooi.

    ʼn Rein hart
    is soos ʼn druppel bloed
    en ʼn sweempie water:
    so syfer dit sterwend,
    plons in hedendaagse modder -
    ʼn tragies kortstondige
    sindoor.

    Wysheid is water:
    koel en lewend
    vloei dit deur my vingers -
    al bakhand ek dubbeld,
    syfer dit weg, word waardeloos,
    uitgedien stol dit in die stof
    van ons self-vervloekte
    habitat.

    Maar jou liefde is ʼn kruik,
    bodemloos geseën deur
    profete van ʼn nuwe wêreld :
    nuwe kleure roosknop oop -
    ʼn deurdrenkende parfuum -
    liefde deltamond deur dorheid,
    ʼn reddende grag om die kaf-vuur,
    en in die kern blink, ongeag as,
    een druppel
    gelouterde
    goud!


    © Torm 2011

    Met erkenning teenoor Denise Lourens vir die heerlike werkwoord “deltamond” in haar gedig ‘woestyn.’


    Sindoor is a traditional red or orange-red colored cosmetic powder from the Indian subcontinent, usually worn by married women along the parting of their hair. Usage of sindoor denotes that a woman is married in many Hindu communities, and ceasing to wear it usually implies widowhood. The main component of traditional sindoor is usually vermilion. (ʼn Sogenaamde Hindoe kol.)

      Current date/time is Sat 20 Apr 2024, 1:02 am