FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Die verkeerde seisoen

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die verkeerde seisoen Empty Die verkeerde seisoen

    Post by Rudi Coetzer Tue 13 Dec 2011, 5:58 pm

    Ek bevind my
    midde-in die verkeerde seisoen
    as somerson , wagtend om oor jou te skyn

    en soos ñ goeie feëtjie betaam vermy
    jy my en glip van skadu-kol na skadu-kol
    sagvoets en stil .

    Voor die wolk voor my verdwyn
    sig-sag jy ongesiens
    in jou winterhart gekeer –
    na ñ plek waar jy elke hoekie
    en draaitjie ken
    soos die palm van jou hand

    na ñ plek waar jy
    buite sig van my kan skuil .

    En wanneer ons dag
    wolkloos raak
    en my strale
    warm soek na jou

    is daar plekke
    in jou winterhart se woud
    net te ruig vir my
    om deur te dring .

    Wanneer aand se donkerkombers
    lafenis vir jou bring
    kom jy selfversekerd
    uit jou skuiling uit
    en verdwyn die nag in

    terwyl ek aan die anderkant
    van die aarde
    wag vir aand se donkerkombers
    om hoop vir my te bring .


    ( 30/01/2011 21h49 )
    avatar
    Okatopi
    Guest


    Die verkeerde seisoen Empty Beautifull

    Post by Okatopi Tue 13 Dec 2011, 10:00 pm

    Vintage jy
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die verkeerde seisoen Empty Re: Die verkeerde seisoen

    Post by Rudi Coetzer Wed 14 Dec 2011, 12:38 pm

    hi daar,welkom hier.
    baie dankie.
    waardeer.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Die verkeerde seisoen Empty Re: Die verkeerde seisoen

    Post by Torm Wed 14 Dec 2011, 1:50 pm

    Vars, hou van.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die verkeerde seisoen Empty Re: Die verkeerde seisoen

    Post by Rudi Coetzer Wed 14 Dec 2011, 5:20 pm

    Baie dankie TOrm.Waardeer.
    Very Happy

    Sponsored content


    Die verkeerde seisoen Empty Re: Die verkeerde seisoen

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 1:52 pm