FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 25 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 25 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 25 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 13 Dec 2011, 12:15 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    my wintertong brand
    om die vuur
    in jou kaggel aan te steek
    om gulsig vlamme te lek
    uit jou klamhout .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    my wintertong brand
    om met vaardige kwas
    die smeulende binne-vertrek
    van jou passievolle vroue-hart
    te laat ontplof in kleur
    in skakerings
    van vreeslose-veselperske-oranje
    tot sappige-sensuele-aarbeirooi
    tot koejawel-klimaks-geel .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    my wintertong brand
    om as ontdekkingsreisiger
    versigtig opgewonde
    jou elke kurwe
    jou elke kontoer
    jou elke versteekte plek
    te ontdek
    te verken

    soms te vertoef
    soms te aanbid

    al te gewillig
    in hierdie heilige oomblik
    saam met jou te verdwaal .


    ( 23/07/2011 10h46 )



      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 3:48 am