FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Ek sal nie huil...

    Net ek...
    Net ek...


    Location | Ligging : Krugersdorp, Gauteng
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 49
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-16
    Age | Ouderdom : 45

    Ek sal nie huil... Empty Ek sal nie huil...

    Post by Net ek... Fri 06 Jan 2012, 11:25 pm

    Miskien is dit net hoe dit moes wees
    om uit te loop sonder traan of vrees,
    om eers later te breek toe ek besef
    dit wat ons gehad het is afgehef.

    Dit beteken niks meer nie het jy gesê,
    daar waar ek jou sien by 'n ander een lê,
    en miskien voel jy lankal terug al so.
    Ek was net dom om jou te glo.

    Dom om weer iemand so te vertrou.
    Dom om te dink dis ek van wie jy hou.
    Dom om te glo dat liefde bestaan.
    Dom om te voel dat dit nooit sal vergaan.

    Wel, geniet nou jou lewe,
    die nuwe een weer,
    en weet ek kan self
    opstaan uit my seer.
    Want nooit sal ek weer in jou oë kan kyk
    en glo dat naas jou is daar geen vergelyk...

    (2011)


    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Ek sal nie huil... Empty Re: Ek sal nie huil...

    Post by AmmieMoon Sat 07 Jan 2012, 2:14 pm

    'n Seer, rou besef ! Sjoe ! Like a Star @ heaven
    Net ek...
    Net ek...


    Location | Ligging : Krugersdorp, Gauteng
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 49
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-16
    Age | Ouderdom : 45

    Ek sal nie huil... Empty Re: Ek sal nie huil...

    Post by Net ek... Sat 07 Jan 2012, 2:30 pm

    Baie dankie vir die kommentaar Ammie...
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Ek sal nie huil... Empty Re: Ek sal nie huil...

    Post by Louisa van Vliet Wed 11 Jan 2012, 3:33 am

    Ou gedig, maar goud werd. Goed gedoen en treffend.
    Net ek...
    Net ek...


    Location | Ligging : Krugersdorp, Gauteng
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 49
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-16
    Age | Ouderdom : 45

    Ek sal nie huil... Empty Re: Ek sal nie huil...

    Post by Net ek... Wed 11 Jan 2012, 8:35 pm

    Dankie Louisa!

    Jip, ek het dit laas jaar al geskryf, maar wou dit graag hier deel ook.

    Sjoe, ek het nie besef iemand sal dit eens agterkom nie!

    Smile

    Sponsored content


    Ek sal nie huil... Empty Re: Ek sal nie huil...

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 6:26 am