Donkerkamer

    Share
    avatar
    Camsica

    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 35

    Donkerkamer

    Post by Camsica on Sun 11 Dec 2011, 12:58 am

    Dag sterf stil
    wanneer skemer sy asem
    skerp intrek
    en geboorte gee
    aan die nag
    wat sy simfonie
    oor die aarde speel.

    Vanaand se lug is koeler
    as gisteraand se warm bries
    en my arms
    klem my knieë
    om die koue
    uit te bondel.

    My hart vries.

    Die vulkaan
    van jou bulder-stem
    eggo steeds
    duskant middernag
    terwyl my fluistering
    wegsmelt
    in jou teenwoordigheid.

    Die deur klik sag oop.

    Jou bonkige gestalte
    blok die opening
    dan dawer die kosyn
    en kners jou sole
    oor die teëls
    na die mat
    tot voor ons bed.

    Ek sluit my oë
    skiet-gebed na bo.

    Broos wag ek
    tot jy my rof nadertrek.

    Jy vloek wanneer
    ek my gesig wegdraai
    om jou drank-walms
    te ontwyk
    om nie tot in die dier
    van jou siel te kyk.

    Ek sterf stil
    wanneer jy jou asem
    skerp uitblaas
    jy jou hande ferm
    om my gekweste skouers sluit
    jy my onhandig
    op die bed neersmyt.

    Die flenters
    van my stukkende ek
    sal nooit weer heel.
    Attachments
    Donkerkamer.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (124 Kb) Downloaded 1 times
    avatar
    Torm

    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 60

    Re: Donkerkamer

    Post by Torm on Sun 11 Dec 2011, 3:10 pm

    Stunning skokkend sterk.
    avatar
    Camsica

    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 35

    Re: Donkerkamer

    Post by Camsica on Sun 11 Dec 2011, 3:20 pm

    Smile. Duisend dankies Torm... Waardeer jou lees en kommentaar altyd
    avatar
    Gerrit Hermens

    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 28

    Re: Donkerkamer

    Post by Gerrit Hermens on Sun 11 Dec 2011, 4:04 pm

    Ek stem Torm! Puik geskryf, en sielroerend intens!
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 50

    Re: Donkerkamer

    Post by Rudi Coetzer on Sun 11 Dec 2011, 10:56 pm

    sjoe...
    die tel defitief onder jou top drie werke....
    eerstens:jou struktuur en vorm is perfek.
    tweedens:die hele werk boei van begin tot einde...gryp mens aan die short&curlies en sleep jou saam op n chilling ride.
    well done.
    Die werk bewys weereens net : jy kan , en mag maar dig.
    *************
    avatar
    Camsica

    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 35

    Re: Donkerkamer

    Post by Camsica on Thu 12 Jan 2012, 3:30 am

    Baie dankie Gerrit! Die skribbel het sommer vanself gebeur...

    Waardeer jou lees en kommentaar soos altyd!
    avatar
    Camsica

    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 35

    Re: Donkerkamer

    Post by Camsica on Thu 12 Jan 2012, 3:31 am

    Smile. Dankie Storieman vir jou lees en kommentaar en dat jy in my glo...

    Waardeer dit so baie!

    Sponsored content

    Re: Donkerkamer

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 24 Jul 2017, 7:33 am