in ‘n simfonie van kontrasterende
vokale en konsonante, in harmonie.
Die Saligmaker self inspireer intensiteit.
My aandag is gekerker in ‘n doolhof
van sagvloeiende strome helderheid.
Chaos staan verstar
met Onkunde en Waansin aan beide kante.
Saggies, ritmies,
sweef die suiwerheid
in vernietiging deur valsheid.
Passievol, eerlik,
gloei die liefde
in die melodie van ‘n vrou.
Haar voorkoms,
onbekend.
Haar teenwoordigheid,
onmiskenbaar.
G. Hermens, 01-07-2008
Last edited by Gerrit Hermens on Tue 13 Dec 2011, 6:36 pm; edited 1 time in total