FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

5 posters

    Blouwaterbaai

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Blouwaterbaai Empty Blouwaterbaai

    Post by AmmieMoon Fri 02 Dec 2011, 12:31 pm

    hier het ek my lêplek gekry
    in hangskouer paadjies gekeep vir my
    waar meeue hul vlug in bindlyne weef
    skaduwees in sonnige lugspieëlings beef

    hier het ek goud vir rooidop verruil
    tussen blou en die hemel leer tyd verwyl
    my kroos gevoed op suurmelk en vis
    want hier is dit manna, dis hoe dit is

    waar ek smorens tot laat swartmossels oes
    sonder dat ek wou sonder dat ek moes
    mandjies vol genade uit die see gevra
    sawens my skatte huiswaarts gedra

    hier bid ek teen rowe van 'n toiingrige kus
    waar my lyf tussen dryfhout en reste rus
    het ek te midde van storms, koers leer hou
    wanneer rooi-gety aan my hart bly klou

    hier dans ek alleen in kurwes van die maan
    waar ek arms gestrek in rukwinde staan
    waar nagte my in stiltes baai
    die sout in my asem my naam verraai -

    teen Blouwaterbaai se wind-af sy
    hier het ek my lêplek gekry.


    © 2011 Almarie Tru
    ter
    Attachments
    Blouwaterbaai Attachment028.JPG
    You don't have permission to download attachments.
    (1 Mb) Downloaded 0 times
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Blouwaterbaai Empty Re: Blouwaterbaai

    Post by SWERWER Sat 03 Dec 2011, 2:31 pm

    Geagte Miss Moon,

    Dit is voorwaar ( Namens die fees kommitee)n voorreg om een van jou gedigte te sien wat deurgans van reim gebruik maak. Dit is asof jy vir hierdie gedig skoene aangetrek het en dit in teenstelling met jou ander werk wat lekker kaalvoet deur die veld rondhardloop en wat so hier en daar n miskoek raaktrap en deur vlak waterstrome plons.

    Soos jy weet lees ek jou werk slaafs en het ek tot op datum jou werk geniet vir die kunstigheid, genialiteit ,kwaliteit en veral die waagmoedige andersheid daarvan. Alhoewel hierdie werk pragtig is, is dit so uit pas met die aard en karakter van Miss Moon dat dit onwillekeurig n beeld in my kop van jou optower in n kerkrokkie, stikke in die hare en (gruwel) " patent leather" skoene aan die voete.

    Kom ek tik jou liggies op die kop en se: goeie poging! Dan gaan jy asseblief en trek daai "establishment" klere uit, skop daai skoene uit en gaan haal asseblief jou boheemse klere van die draad af wat jy gewas het en trek dit aan. ( O ja..... moet nie die vertoonvenster vergeet nie asseblief want dit is onafskeidbaar van die Miss Moon persona.

    As jy weer die gevoel kry om vreemd en tradisioneel te skryf werk asseblief tog net so klein stukkie kaalvoet rebellie in om net die stywe boordjie se knope los te laat losskiet sodat Miss Moon nie sterf of agterwiee gelaat word nie. Ek vir een sal soveel innerlike genot daaruit put vir een en dit sal jou verseker onder die " establishment" se skeeloog aandag vestig op so n manier dat hulle antwoord sal moet gee!! Laughing Ag hoe lekker lag ek nou!


    SWERWER

    Gerrit Hermens
    Gerrit Hermens


    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 35

    Blouwaterbaai Empty Re: Blouwaterbaai

    Post by Gerrit Hermens Sat 03 Dec 2011, 6:28 pm

    Sjoe! Ek kuier bietjie by my ouers en ons het hierdie stukkie saam baie geniet!!!! Wens sooo ons kon ook nou in die Kaap wees... Baie mooi beskryf! Sal graag vir jou wou se dat daar 'n spesifieke strofe is wat my siel streel, maar elkeen van hulle caress 'n ander kerntjie...
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Blouwaterbaai Empty Re: Blouwaterbaai

    Post by AmmieMoon Sun 04 Dec 2011, 1:44 am

    Dammit Swerwer, sal jy nou wraggies my game weggee, met die dat al my swart nag-gewaad-kleertjies op die draad hang en ek noodgedwonge 'n geblomde linnerokkie oor my kop moes trek....En ja, die ''sandeltjies'' knel my tone wat net wil uit en in die wit sand op die strand wil woel....maar ek het die maan en my selwers belowe dat ek vanaand weer myse ou self sal wees...nikse ge-opdress meer nie (giggel)...maar my ma kyk grootoog na my, siende dat sy nog desperaat poog om van my 'n dame te maak ! ...aaaai tog ! Like a Star @ heaven
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Blouwaterbaai Empty Re: Blouwaterbaai

    Post by BennyB Sun 04 Dec 2011, 2:07 am

    Stunning nes jy KAN! What a Face
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Blouwaterbaai Empty Re: Blouwaterbaai

    Post by S.J. du Plessis Tue 06 Dec 2011, 4:54 am

    Bietjie meer konserwatief as wat ons jou ken, maar nogtans puik verwoord en pragtig. Very Happy


    Last edited by S.J. du Plessis on Mon 22 Oct 2012, 5:17 am; edited 1 time in total
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Blouwaterbaai Empty Re: Blouwaterbaai

    Post by AmmieMoon Tue 06 Dec 2011, 12:06 pm

    Lekker giggel ek nou......Nou weet ek ten minste dat ek 2 kampvegters vir my saak gekry het, so staan gereed, ek mag julle dalk so van tyd tot wyl oproep vir diensplig, veral wanneer die ''boelie'' sekuriteitswagte by groot besigheidskomplekse my summier uitsmyt (SWERWER!!!)omdat ek nie skoene aan my voete het nie en geensins in my maanstories belangstel nie, of wanneer die lugwaardinne op binnelandse vrugte my vra of ek 'n ''frequent flier '' is omdat ek woordeboek onder die arm en kaalvoet die vliegtuig betree, en O ja, ek mag julle dalk ook nodig kry as ek snags in my swart boheemse naggewaad op die strand wandel en die ou tannie (in die groot bubbelverdieping huis teen die strand) die dominees bel en vir hom se dat sy vermoed dat die 'bose geeste van Dara' in my gevaar het! Nog 'n ding, as moedermaan weer hier aankom met 'n paar aspoestertjie skoentjies, stuur ek haar ook na julle toe (so ek hoop julle dra 'n size 5-6 skoen....giggel)

    Die verligting is groot noudat ek weet dat ek nie meer hoef ''op te dress'' in rym om darem so klein bietjie ''in'' te voel tussen die konvensioneles nie (geblomde rokkies is baie nice maar dit sit nie so lekker aan myse windverwaaide maan-lyf nie!)

    Dankie, julle het my oggend gemaak met julle pittighede en kameradie vir die 'maan' se saak! sunny Like a Star @ heaven


    Sponsored content


    Blouwaterbaai Empty Re: Blouwaterbaai

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 6:12 pm