FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Die brandhout van jou asem

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Die brandhout van jou asem Empty Die brandhout van jou asem

    Post by AmmieMoon Thu 24 Nov 2011, 5:48 pm



    Die brandhout van jou asem
    (Liriek - deur Ammie Moon)


    die akoestiek van ou ou lirieke
    swymel deur die plankvloer se nate
    met kwassiehout wat smeul in woorde
    waar dit skuil in somber holtes en gate

    in die vuur se vlammespel en knetters
    speel die vonkel van jou lag
    'n soet refrein wat my laat boemel
    deur donker stege van die nag

    (koor)
    my minnaar-vingers komponeer vir jou 'n rock-ballade
    op die klawers van jou lyf
    want die brandhout van jou asem laat 'n spoor
    waar jy jou liefde teen my hart se mure skryf

    skadu's van spikkel-vlerk uile
    teken prente op die kamermuur
    waar die hitte van die oomblik
    gloeiend teen ons lywe skuur

    en ek ken lankal reeds die toonleer
    die soepel krinkels van jou lyf
    waar ek elke nag tot dagbreek
    oor krommings van jou rug 'n ballade skryf

    (koor)
    my minnaar-vingers komponeer vir jou 'n rock-ballade
    op die klawers van jou lyf
    want die brandhout van jou asem laat 'n spoor
    waar jy jou liefde teen my hart se mure skryf

    (brug)
    witwarm klanke
    op rooikool Afrika aarde
    dralend in die lawa-buik
    van nanag kitare


    © 2011 Almarie Truter
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die brandhout van jou asem Empty Re: Die brandhout van jou asem

    Post by Rudi Coetzer Thu 24 Nov 2011, 6:18 pm

    ai ffffffff...jy laat dit net so bleddie maklik lyk!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    love dit.
    dis asemsnak beautiful........
    Very Happy
    (Pssst...: Jyt vergeet om langs die titel te se :dig-uitdaging 3..bla bla......giggel...).
    x
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Die brandhout van jou asem Empty Re: Die brandhout van jou asem

    Post by AmmieMoon Thu 24 Nov 2011, 7:57 pm

    Nee, ek het nie vergeet nie *smile* Dig-uitdaging nr. 3 - Nov. 2011 staan onder die titel geskryf en reflekteer in die indeks kolom waar al die liriekplasings aangedui word...

    Dankie Rudi vir die groot kompliment ! Like a Star @ heaven
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Die brandhout van jou asem Empty Re: Die brandhout van jou asem

    Post by SWERWER Thu 24 Nov 2011, 9:43 pm

    Aag tog,

    Ons sterflinge kan maar net lees en droom dat ons as ons eendag groot is ook so kan skryf. Dis onregverdig dat een persoon opgeskeep sit met soveel kuns, verbeelding en talent. Pffff! Toe daar sien jy NOU my groen streep!!! :-)

    SWERWER
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Die brandhout van jou asem Empty Re: Die brandhout van jou asem

    Post by Camsica Sat 26 Nov 2011, 2:23 am

    Ag okkies Ammie!!!
    Ek is nou sommer skoon groen.
    Gelukkig pas groen my. Bring my oë uit, jy weet... giggel.

    Ek sit hier en asem-ophou... is skoon blou in die gesig - en vekwalik jou vir al die kleur wat jy so na mekaar oor wese my bring.
    Nou praat ek nie eers van die gloede nie. Rooies. Warm, jy weet?

    Nou buig ek laag.
    Vertrap my hoed op die grond.
    Want Ammie se pen het gepraat.

    Stunnig verby...
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Die brandhout van jou asem Empty Re: Die brandhout van jou asem

    Post by AmmieMoon Sat 26 Nov 2011, 2:32 am

    Flippet, kyk ek nou so ewe skuinsweg oor my skouers om te sien van wie word daar nou so groot gepraat ! Suspect ...giggel

    Dankie jy, ....bloos ek so in my enigheid.... Like a Star @ heaven

    Sponsored content


    Die brandhout van jou asem Empty Re: Die brandhout van jou asem

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 10:45 pm