FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 8 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 8 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 8 )

    Post by Rudi Coetzer Fri 18 Nov 2011, 12:15 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    my hande wil nou
    vroegoggend-tortelduif
    oor jou feëtjievrou-lyf
    en liefdevol passievol
    oor jou kurwes koer .

    Lank voor laasnag
    toe daardie ster verskiet
    het ek reeds my wens gewens –

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ek wil nie nog ñ koue seisoen
    leef oorleef sonder jou nie
    en met my lewe
    reeds verby die halfpadmerk
    het ek nie meer soveel seisoene oor nie

    maar ek weet een ding

    en dit is dat ek jou
    nooit wil verloor nie
    en elke oorblywende seisoen
    saam met jou deur wil bring .


    ( 13/04/2011 19h34 )

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 5:59 pm