FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die Silwer Randjie

    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Die Silwer Randjie Empty Die Silwer Randjie

    Post by Louisa van Vliet Wed 16 Nov 2011, 3:34 pm

    Dis laat agter middag, die pad loop dood,
    Net links of regs, kan jou bring tot waar.
    Skielik sien ons die wolke reg van voor,
    Silwer randjie om die donker wolk, waarvandaan
    Kom jy dan nou te voorskyn, wat wil jy vertel.

    Gedagtes wat tol, gedagtes wat rol,
    Waaroor spook die wolk met silwer randjie tog so.
    Binnekort by bestemming, maar steeds bly wolk torring
    Stadig maar seker, begin die voorbereiding vir die aandmaal
    Dan skielike die oproep, wat nuus bring, hoekom tog.

    Die snelheid op die pad word al hoe erger,
    Want waar jy moet wees, is die lewe van iemand op die spel
    Jou brein spoel deur die dag se gebeure, en dan die vraag.
    Wat het jou besiel, maar dadelik weet jy waar vandaan.
    Vooroor sit ons gebuig, wag die antwoord van Bo.

    Dan skielik die flikkering en beweging, van lewe
    Dan die opkikkering met ‘n diepe deernis en glimlag
    Waar het hy die pad so amper byster geraak
    Dan skielik die besef die donker wolk,
    Sy donkerste oomblik wat hy ooit beleef,

    Stemmetjie in die bos, kom met vrede gehul.
    Alles sal weer reg wees, want Silwer Randjie
    Bring boodskap vir Lig wat weer gaan skyn.
    Van hier vandag, die omdraai na die onbekende
    Maar tog die pad na Ewigdurend samesyn.

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 8:28 am