FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Die verskynsel in die nag.

    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Die verskynsel in die nag. Empty Die verskynsel in die nag.

    Post by Louisa van Vliet Tue 15 Nov 2011, 4:36 pm

    Dis laat nag en leef ek in my eie gedagte wereld,
    Die slaap is besig om my te omsingel
    Skielik kom die grou van die nag in ‘n donker
    Gebied vol gate, ontploffings en klippe wat spat.
    Dis vegvliegtuie en helikopters en nog wat.

    Maar hier waar ek staan is my huis,
    Hoekom regoor my huis hierdie swart gebied,
    En skielik word dit alles hier wakker in my,
    Die swart gedaante met sy pakkie van die nag,
    Het weer sy sin gekry, in iemand wat verlore is.

    So vinnig as wat hy verskyn
    So vinnig verdwyn hy weer,
    Maar dan is die gevaar klaar in aanskou,
    Met ‘n gesig van aggressie kom staan dit hier voor jou
    En vertel hoe onregverdig die lewe is.

    Want skielik is die hele lewe in ‘n gemors
    En word inspuitings en pille aan die orde van die dag.
    Skielik word die swart van die nag die klippe en geveg,
    ‘n liggaam wat besig is om sy tol te eis
    deur die geveg van verslaaf wees aan die onreg.


    Niks beduidend loop ons deur die lewe,
    Almal om jou so verkeerd as kan kom,
    ‘n nuwe gedaante verwisseling,
    ‘n liggaam wat sy eie pad volg,
    Hoe het dit gebeur, dat dit vasgevang bly in ‘n web.

    Sonder meer probeer jy ontslae raak van die beklemming,
    Maar weer en weer, roep my liggaam om dit.
    Uit op die strate op soek na meer,
    Want liggaam kan nie meer sonder.
    Blou ligte, sel deure, hoekom los hulle my nie net.
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Die verskynsel in die nag. Empty Re: Die verskynsel in die nag.

    Post by Claira Summers Tue 15 Nov 2011, 6:51 pm

    Baie fasinerende verse Louisa. Ek kan nie help om te wonder waaroor dit alles gaan nie. Is dit een van jou ou werke, of nuut.
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Die verskynsel in die nag. Empty Re: Die verskynsel in die nag.

    Post by Louisa van Vliet Tue 15 Nov 2011, 7:03 pm

    Hi jy, een van my nuwes, baie gebind aan die mense wat verslaaf is aan dwelms. Het 'n paar mense al beleef met die gemors en ek kan my net indink hoe hierdie lewe van soekend na die goed loop. Iets wat ek maar net dink wat hulle beleef. So 'n bietjie van my eie dogter beleef in die tyd toe sy self daar was. Darem nog nie in die tjoekie nie maar baie naby

    Sponsored content


    Die verskynsel in die nag. Empty Re: Die verskynsel in die nag.

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 3:46 pm