FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Die illusie

    avatar
    HelgaardHorn87


    Posts | Bydraes : 2
    Points | Punte : 6
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-11
    Age | Ouderdom : 37

    Die illusie Empty Die illusie

    Post by HelgaardHorn87 Sat 12 Nov 2011, 11:06 am

    48 uur
    Het verby gevlieg
    Saam met jou
    Soos n droom
    Het jy verskyn
    In die nag
    Tussen skaduwees
    En mis

    Ekt skaam jou
    Gegroet en jyt
    Opgekyk vanaf
    Jou boek
    Jou oe was versigtig
    Maar helder
    My liggaam
    My asem
    My woorde is
    Welgeslaan
    Met jou glimlag

    Ekt my woorde
    Probeer vang
    Soos skoenlappers
    In die wind
    Sal jy omgee
    As ek saam jou
    Vandag die stad verken?
    Ja seker
    En weer die glimlag
    Wat my wereld
    Laat smelt het

    Ons het saam
    Deur die vuil agterstraatjies
    Gewandel
    Gestaar
    Na die gebroke geboue.
    Gesit in n boheemse koffiehuis
    In Kathmandu

    Ekt een van my
    Gedigte teen
    Die muur geskryf met n koki
    Ons het gesels
    Gelag
    Terwyl Bob Dylan en Muse
    Gemeng het
    Met jou sigaret rook
    En die reuk van my koffie

    Ekt jou vertel
    Van my gevoelens
    My gedagtes
    My verlede
    En jy het joune gedeel
    Met my
    Ons het die illusie
    Gedeel
    Jy was myne
    Ek was joune

    Die nagte was helder
    En die son opkoms
    Mooier
    as enige
    Wat ek al ervaar het
    Want jy het saam
    My gesit

    Ons het saam
    Gaan boek soek
    Gestry oor die prag van ons tale
    En boeke wat ons al gelees het
    En fee verhale se eindes

    Later het ek
    jou vriende ontmoet
    Ons het gekuier
    En ons planne bespreek
    Jyt vir my oogknip
    Jou hand
    Deur my hare gevee
    En ekt vir jou
    My glimlag gegee

    Daardie nag
    Was die maan vol
    En ligblou
    Soos jou oe
    Wat tot in
    My hart gebrand het

    Dit was n droom
    Die mooiste ooit
    Ekt wakker geword
    En jou gesien
    Ons het gelag
    Oor hoe wild jou sonverbleikte hare
    Gestaan het.

    Ekt gevra of jy koffie
    Soek.
    Jyt gese ja
    En vir my geglimlag.
    Ekt nie geloop nie,
    Ekt gedans.
    Maar toe ek af kom was
    Jy en jou rugsak
    Weg

    Soms sal ek
    Stop en wonder
    Waar jy nou
    In die wereld is
    Of jou poskaarte
    My vind

    En dan glimlag
    Ek net en
    Onthou jou woorde

    Hierdie is n illusie
    Wat ek en jy deel
    Maar dis net ons sin
    Want niemand kan
    Ons beroof van
    Hierdie oomblik
    Meine liebe
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Die illusie Empty Re: Die illusie

    Post by SWERWER Tue 15 Nov 2011, 2:18 am

    Dagse Helgaard,

    Ek hou vreeslik baie van die vertel van die "illusie" Dit het n baie mooi bittersoet nasmaak wat met my praat met gevoelens en beelde wat ek herken. Die romantiese streep het my ook nie ontgaan nie en party beelde wat jy gebruik is pragtig.

    Ek is glad nie so ervare of onderrig in die digkuns om n sinvolle taalkundige komentaar te lewer nie. Ek sal dit waag om een ding te se en dit is dat ek n bietjie meer rym wou gesien het en n klein bietjie minder vrye vers maar dit is my persoonlike voorkeur. Die hoofletter pla en ek dink die vers sou net meer afgerond gewees het sonder die hoofletters.

    Opgesom, ek hou daarvan en nogal baie. Welkom hier op FS.

    SWERWER

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 12:59 am