Tussen die stratosfeer se strome
wag jy my kind
klein-bedek vir die wêreld
om jou deur vrede te vleg.
In koue en wasem
is die maan net ‘n arm lank
praat die sterre waar van die mens
en die se naamlose oorlog
in die arms van die son
wat voete brand
van al die genade
wat reis deur jou siel.
Tussen die stratosfeer se strome
huil niks
net die melkweg wag
anderkant jou lag
wat sag uit die hemel
vir jou die prag
met asem en liefde
jou hande in toor.
In jou tuiste lê my hart
toe gerou en gebou
van blink tot swart
deur skaam slote-
die merke van strome en drome
wat geboorte gee
aan my woorde
wat saam jou my kind
klein-bedek
vrede wil invleg
tot in more.
Vrede vir jou en my.
wag jy my kind
klein-bedek vir die wêreld
om jou deur vrede te vleg.
In koue en wasem
is die maan net ‘n arm lank
praat die sterre waar van die mens
en die se naamlose oorlog
in die arms van die son
wat voete brand
van al die genade
wat reis deur jou siel.
Tussen die stratosfeer se strome
huil niks
net die melkweg wag
anderkant jou lag
wat sag uit die hemel
vir jou die prag
met asem en liefde
jou hande in toor.
In jou tuiste lê my hart
toe gerou en gebou
van blink tot swart
deur skaam slote-
die merke van strome en drome
wat geboorte gee
aan my woorde
wat saam jou my kind
klein-bedek
vrede wil invleg
tot in more.
Vrede vir jou en my.