FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Apokalips

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Apokalips Empty Apokalips

    Post by Torm Fri 14 Oct 2011, 2:33 am


    een van hierdie dae
    gaan die uitspansel breek
    en, soos my hartseer oor jou,
    op pyn-verwronge planete stort

    een van hierdie dae
    gaan die berge losskeur
    en, soos my hart in dié wete,
    in die see val en reddeloos verdrink

    een van hierdie dae
    gaan boeke vol eina woorde
    soos swart voorbodes van ons liefde
    hartseer waar word in die grouste winter

    een van hierdie dae
    gaan die leërskare van soldate
    ad hoc pyn en verwoesting saai
    soos ʼn Openbaring sonder ʼn Wit Ruiter
    en so, sonder einde, sonder vertroosting,
    sonder jou
    kan ek geen more in die oë kyk nie

    © Torm 2011
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Apokalips Empty Re: Apokalips

    Post by anderkant Fri 14 Oct 2011, 5:58 pm

    Absoluut briljant! Die wisselwerking tussen die natuurbeelde en die innerlike stryd en wroeg is PUIK! Liefde - om ander se pyn te voel en dit namens hulle te vrees - meesterlik verwoord. Wow, ek soek sterker woorde want die vers verdien 'n GROOTSE kommentaar. Ek kom weer terug hierheen.
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Apokalips Empty Re: Apokalips

    Post by Besoeker Fri 14 Oct 2011, 6:36 pm

    Onderskrif : ' Daars dinge wat erger as die einde van die planeet is '
    Die skrywer onderwaardeer sy titel opsetlik , en by voorbaat , om die uiterste - APOKALIPSE-te onderwerp aan iets waaraan hy groter finaliteit verleen : Die verlies/gebrek aan andermens se liefde. Ek mag fouteer . maar ek wil `n skoot in die donker waag , met die stelling dat andermens `n universele karakter is, en dat die skrywer hom/haar net skeinbaar personifiseer, om duideliker deur te dring tot die leser? ( tweemens-liefde is tog `n duideliker konsep as die dikwels misbruikte naaste-liefde ) Puik werk Torm !
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Apokalips Empty Re: Apokalips

    Post by Torm Tue 20 Dec 2011, 12:16 pm

    Hierdie twee uitstaande tegniese kommentare laat my sprakeloos.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Apokalips Empty Re: Apokalips

    Post by Rudi Coetzer Tue 20 Dec 2011, 5:26 pm

    is dit waarom jy 2 maande geneem het om te antwoord?
    groot giggel...

    Sponsored content


    Apokalips Empty Re: Apokalips

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 10:46 pm